Die Laerskool Vredekloof in Brackenfell het hierdie kwartaal ‘n nuwe leierskapprogram van stapel gestuur wat poog om jong leiers in die skoolgemeenskap te ontwikkel.

Deur Die Klofie-monitors, tree Graad 7-leerders as voorsitters en ondervoorsittters op vir verkeie portefeuljes, om sodoende die Graad 6-monitors te lei en te ondersteun in die nakoming van hul rolle in die onderskeie portefeuljes.

Deur verantwoordelikheid, spanwerk en diens, ontwikkel die leerders vaardighede wat veel verder as die klaskamer strek.

Die portefeuljes sluit in Omgewing en Orde, Vriendelikheid in Aksie, STEAMAC, Sport, Kultuur, Snoepie, Visueel en Oudio, asook Leerder- en Onderwyserondersteuningsmateriaal.

“Die leierskapprogram help leerders om verskeie vaardighede aan te leer wat hulle eendag in die werksomgewing kan gebruik; byvoorbeeld hoe om ‘n vergadering te lei en hoe om notules van so vergadring te hou,” sê `n skoolwoordvoerder.

LEES OOK: Klofies vier Wêreld-Hardopleesdag met hope pret

“Deur verantwoordelikheid, spanwerk en diens, ontwikkel die leerders vaardighede wat veel verder as die klaskamer strek. Ons monitorsprogram is ‘n uitstekende manier om leerders waardevolle vaardighede aan te leer wat in hoërskool, sowel as in hul daaglikse lewens en later as volwassenes toegepas kan word. Ons sien uit daarna om die positiewe impak te sien wat hierdie leerders maak.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article