Soraya Salie of the Bonteheuwel Walking Ladies.
Soraya Salie of the Bonteheuwel Walking Ladies.

Inwoners kan na regskliniek met hul probleme en vrae


Sit jy met enige regsprobleme en weet nie watter kant toe om te gaan nie?

Dan het die Bonteheuwel Walking Ladies net die antwoord vir jou. Hulle bied, in samewerking met ProBono.Org, weer op 1 April ‘n regskliniek aan. Hierdie klinieke op verskillende tye deur die jaar aangebied om inwoners met hul regsprobleme te help.

Verskeie probleme

Volgens Soray Salie van die Walking Ladies kan inwoners afsprake maak en raad kom vra oor verskeie probleme wat hulle pla. “Inwoners kan raad kry oor familie-en arbeidswetgewing, asook bestorwe boedels en behuisingsprobleme. Enige regskwessie waarmee jy worstel, kom vind uit of daar hulp is,” sê Salie.

Almal het die reg om goeie regshulp te ontvang, glo Salie. “Daar is baie mense wat sukkel met regskwessies wat oplosbaar is en hierdie klinieke is reeds begin om daardie mense te help. Ons het die behoefte gesien in ons gemeenskap en as die Walking Ladies voel ons hierdie is ‘n program wat regte verskille aan regte probleme kan maak. Met ons vennote doen ons die werk wat dit vir mense moontlik maak om met selfvertroue en sonder vrees hul probleme te pak,” sê sy.

Ander gemeenskappe

Sy nooi mense van gemeenskappe rondom Bonteheuwel ook afsprake om te maak om regsgeleerdes te sien. “Ons kan nie net hierdie dinge vir onsself doen nie, dus is inwoners van gemeenskappe rondom ons welkom ook afsprake te maak. Jy moet net self daar kan kom.”

Om ‘n afspraak te maak stuur ‘n boodskap aan Salie by 084 824 1615.

LEES OOK: Akrobate’ se nagtelike diefstalpoging word onderbreek

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article