Digkuns en meesterwerke vermeng in ‘Met Woord en Lied’ by Woordfees

Kaapstadse Kamerkoor
Die Kaapstadse Kamerkoor.

Digkuns en meesterwerke vermeng in ‘Met Woord en Lied’ by Woordfees


Die Kaapstadse Kamerkoor en Frieda van den Heever span in Oktober kragte saam in Met Woord & Lied by die Toyota Stellenbosch Woordfees.

Die produksie, op Vrydag 9 Oktober om 18:30 in die Fismersaal, bied ‘n keurspel van Afrikaanse a cappella-koormusiek met ‘n digvoorlesing deur Van den Heever.

Kaapstadse Kamerkoor
Die Kaapstadse Kamerkoor.

Toonsettings

Op die program is geliefde klassieke werke deur H. Pieter van der Westhuizen, Péter Louis van Dijk en Niel van der Watt, asook splinternuwe toonsettings.

“Spelend in Tuine”, ‘n toonsetting van een van Ina Rousseau se kwatryne deur Hans Huyssen, vorm die spilpunt van die program.

Afrikaanse koormeesterwerke, gesange en volks­liedere word met eietydse poësie vermeng. Toonsettings van Boerneef, Elisabeth Eybers en C. Louis Leipoldt se verse is ook ingesluit.

Van den Heever, die wenner van ATKV-Media­veertjie-­ en Fiësta-pryse, lees tekste voor wat saamgestel is om die koorstukke te ondersteun.

Die Kaapstadse Kamerkoor, onder leiding van Antoinette Huyssen, is sedert 2009 deel van die ryk Kaapse koorkultuur.

Kaartjies is beskikbaar by Quicket (R195 tot R250) of by die deur (R225 tot R280).

LEES OOK: A R55 celebration of theatre: Artscape’s New Voices returns this October

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article