Die digter Caren Kearley gaan haar debuutbundel Dawerende stiltes voordra by die byeenkoms van die Durbanville-poësiekring op Woensdag 10 Junie.
Die bundel, wat in 2025 gepubliseer is, is ‘n versameling van Kearley se persoonlikste en sterkste gedigte wat sy oor die afgelope nege jaar geskryf het.
Sy het in Namibië grootgeword en bly tans in Riebeek-Kasteel.

Dit begin om 10:00 in die Durbanville-biblioteeksaal.
Besoekers is welkom teen R50. Ligte verversings word aangebied.
- Kontak Lesley van der Vyver by teachervdv@gmail.com of 083 460 4571 met navrae.
LEES OOK: Oproep vir staatsbegrafnis vir digter, aktivis Diana Ferrus





You must be logged in to post a comment.