Die gemeenskap van Bonteheuwel is op soek na inligting oor ‘n man wat vroeër vandag in Assegaai-laan ten aanskoue van gemeenskapslede ‘n haelgeweer afgevuur het.

Ken jy die persoon met die haelgeweer? Bel asseblief dadelik die polisie.

Plaaslike raadslid, Angus McKenzie, het ‘n video op sosiale media geplaas waarop gesien kan word hoe ‘n jong man om ‘n straathoek kom en begin skiet. Agter hom beweeg ‘n vrou verby met ‘n baba op haar arm.

Dit is nie uit die video duidelik op wie die skote gemik is nie.

Helder oordag

“Hierdie jongens gee nie om oor ander se lewens nie. Dis helder oordag en hulle terwyl wetsgehoorsame burgers besig is om met hul daaglikse aan te gaan. As daar iemand is wat dalk die skieter se gesig herken, kan hulle die polisie anoniem kontak,” sê McKenzie.

TygerBurger het na die polisie vir kommentaar uitgereik en sal dit byvoeg sodra hulle reageer.

LEES OOK: Mfuleni weer bo met getal moorde in die afgelope kwartaal

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article