Zandré Müller erken sy honderdtal. Foto: Henrico Viljoen
Zandré Müller erken sy honderdtal. Foto: Henrico Viljoen

Op Saterdag 14 Februarie het die Laerskool Bastion se o.13A-krieketspan Lockers Park Preparatory School van Engeland met 210 lopies verpletter.

Die ​Laerskool Bastion het eerste gekolf en ‘n enorme totaal van 279/8 in 30 boulbeurte opgestel. Die ster van die dag met die kolf was Zandré Müller, wat ‘n ongelooflike 116 van slegs 70 balle gemoker het. Hy is ondersteun deur Luan van Tonder (22) en Tertius Ryke (20*).

​In die veld was Bastion net so dominant en het die teenstanders vir slegs 69 lopies uitgeboul. Die boulers het amok gesaai. Al die boulers het hul kant gebring, maar veral die volgende het uitgestaan:

. ​Luan van Tonder: 2 paaltjies vir slegs 1 lopie.

​. Wian Westraadt: 2 paaltjies vir 8 lopies.

. ​Belius Potgieter: 2 paaltjies vir 11 lopies.

Die spanne van die Laerskool Bastion en Lockers Park ná die wedstryde (Foto: Henrico Viljoen)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article