Die Hoërskool DF Malan ken “geen perke” wanneer dit kom by pawiljoenvertonings nie, en vanjaar se MTBS was geen uitsondering nie. Nie net het hulle die skare in verwondering gehad met hul vertoning nie, maar het ook met die louere as wenner van MTBS 2024 se pawiljoenvertoning weggestap. TygerBurger se Nielen de Klerk het met dié skool gesels oor hul voorbereiding vir MTBS 2024.
TEMA: No Limits
PAWILJOENAFRIGTER: Johann de Wet
SEDERT WANNEER IN DIÉ ROLE:: In 2013 betrokke geraak, sedert 2015 die hoofpawiljoenafrigter en vanjaar was sy laaste een.
HULPPERSONEEL/GEESKOMITEE: Johann de Wet, Jo-Mi Muller-Badenhorst, Erin Vercellotti, Sam Prinsloo, Magdel van der Schyff, Keane Desfountain (uitrustings) en Anda Aventant (uitrustings).
DIRIGENTE: Ethan van Jaarsveld (hoof), Leah Coetzee (hoof), Lucia Dixon, Leohen van der Merwe, Trish Visser, Chris Conradie, Ané Theron en Siegfried Visser
TROMSPELERS: Eben Olivier (hoof), Danielle de Villiers en Eileen Vermeulen
Hoe het julle op die tema besluit?
Ons (by DF) wil bitter graag die beginsel volg dat ons geen tema sal herhaal wat al voorheen gedoen is nie. Daar is vier skole wat elke jaar temas doen, so die aantal temas is enorm. En natuurlik het hulle al die lekkerstes gedoen. Ons hou van die feit dat ons oorspronklik wil wees elke jaar. Daai is ’n tameletjie. Jy moet maar kyk vir ’n tema waar jy ’n geleentheid het om pret te hê met die stunts wat ons gedoen het, musiek of liedjies wat jy kies wat exciting is en wat lekker in mekaar kan vloei en mekaar komplementeer. is Dit is nogal ’n proses ’n tameletjie, maar ons het toe besluit ons gaan vir hierdie een en ek is baie bly ons het. Die kinders het dit verskriklik geniet.
Wanneer het julle vanjaar se flashes begin beplan?
Hoe lank oefen die kinders al?
Die aanleer vir die 660 kinders wat deelneem: ons het in effek drie weke se oggende aan die begin van elke skooldag. So dis 15 oefeninge.
Kan jy skat hoeveel ure die kinders al hieraan bestee het? En die res van die geesspan?





