Van links is Tanya Heimann (Tygervallei-sentrum), Kevin Lodge (Top Events), Rikus van Rooy (Radio Tygerberg 104FM), Geordin Hill-Lewis (burgemeester), Jacques Hattingh (Downsindroomvereniging van die Wes-Kaap) en Conrad Meier (Durbanville-atletiekklub) by die oorhandiging van R40 000 aan die Downsindroomvereniging van die Wes-Kaap.FOTO: Radio Tygerberg


Sowat 5 000 hardlopers en stappers het op Donderdag 21 Maart by die Tygervallei-winkelsentrum vir die jaarlikse Tyger Run/Walk-padwedloop oor 6 km of 15 km aangetree.

Buiten Menseregtedag was dit Wêreld Downsindroomdag en R40 000 kon aan die Downsindroomvereniging van die Wes-Kaap, vanjaar se begunstigde, oorhandig word.

Volgens Kevin Lodge van Top Events het die getal deelnemers aan die Tyger Run/Walk aansienlik gegroei en dra die gesinsvriendelike omgewing van dié wedloop tot die reusesukses by.

Selfs Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, het vanjaar kom saam stap.

Die wedloop word deur Top Events aangebied in samewerking met die Tygervallei-winkelsentrum, Radio Tygerberg 104FM, TygerBurger en die Durbanville-atletiekklub.

Besoek TygerBurger op Facebook vir nog foto’s.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article