Die jaarlikse Tyger Run/Walk-padwedloop, wat op Donderdag 21 Maart by Tygervallei-winkelsentrum plaasvind, lok duisende hardlopers en stappers wat kies om aan óf die 6 km- óf 15 km-roetes deel te neem.

Hierdie jaar beloof die geleentheid om selfs groter en beter as vorige jare te wees, en maak dit ’n wonderlike uitstappie vir die hele gesin.
Rikus van Rooy, programbestuurder van Radio Tygerberg 104FM, bevestig dat die Tyger Run/Walk hom oor die jare gevestig het as die grootste padwedloop in die noordelike voorstede van Kaapstad.
“Vanjaar is daar egter ’n bykomende aantrekkingskrag vir die hele gesin. Ons sien baie uit om binnekort opwindende nuus rondom dié nuwe verwikkelinge te deel”.
Inskrywings vir die Tyger Run/Walk kan aanlyn gedoen word by www.topevents.co.za.
Inskrywingsgeld vir die 15 km-wedloop beloop R190 (ongelisensieerde atlete), R130 (gelisensieerde atlete) en R100 vir die 6 km-draf. Alle inskrywings sluit ’n tydberekeningskyfie in en indien jy ’n Discovery Vitality-lid is, kry jy 600 punte vir jou deelname aan die 15 km-roete en 300 punte vir die 6 km.
Maak seker jy loop nie vanjaar se Tyger Run/Walk mis nie. Besoek sommer dadelik www.topevents.co.za of kliek op die Tyger Run/Walk-banier op Radio Tygerberg 104FM se webwerf.




