Die Radio Tygerberg 104FM-span met van die fasiliteerders by die Alta du Toit-nasorgsentrum se werkwinkelafdeling. Die groep is van links Chenay Coetzee, Esta Beukes, Phumeza Tamane-James, Cisca Badenhorst (Radio Tygerberg), Carmen Arendse, Miriam Baadjies, Mike Potgieter (Radio Tygerberg) en Ilse Thomas.

Radio Tygerberg 104FM se Mike Potgieter verras Alta du Toit-fasiliteerders

Die Radio Tygerberg 104FM-span met van die fasiliteerders by die Alta du Toit-nasorgsentrum se werkwinkelafdeling. Die groep is van links Chenay Coetzee, Esta Beukes, Phumeza Tamane-James, Cisca Badenhorst (Radio Tygerberg), Carmen Arendse, Miriam Baadjies, Mike Potgieter (Radio Tygerberg) en Ilse Thomas.

Radio Tygerberg 104FM se middagspan, Mike Potgieter en Anja Taljaard wat Die LiftKlub aanbied, het verlede Donderdag die strate ingevaar om ‘n paar mense se dag mooier te maak — veral diegene wat nie altyd erkenning ontvang vir die belangrike werk wat hulle doen nie. Die geleentheid was deel van “Make Life Beautiful Day” oftewel “Maak die Lewe Mooi-dag” wat op 11 Junie gevier is.

Potgieter se heel eerste stop was by Alta du Toit-nasorgsentrum vir volwassenes met intellektuele uitdagings, waar hy die fasiliteerders met sjokolade verras en saam met hulle gebid het. Daarna het hy ‘n sekuriteitsbeampte by ‘n sakekompleks bederf, gevolg deur nog ‘n verrassing by ‘n plaaslike vulstasie.

Taljaard het weer parkeeraanwysers, ‘n paar rakpakkers by Boston Spar en die vrou wat besig was om die vloer te was, verras en bedank.

“Dit is eintlik so maklik om iemand se dag mooier te maak — en dit hoef nie geld te kos nie. Soms is dit net ‘n warm glimlag of om erkenning te gee aan iemand wat nie altyd ‘n dankie kry nie,” het Mike gesê.

LEES OOK: Radio Tygerberg vier 28 jaar van getroue bediening deur dr. Raymond Lombard

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article