Bellville-Suid – Aletta Rose (63), die vrou wat van die grusame moord op haar suster Constance “Connie” Scholtz (79) aangekla word , het op Maandag 5 Mei 2026 in die hof verskyn.

Dit het tydens haar hofverskyning aan die lig gekom dat Rose van voorneme is om vir borgtog aansoek te doen. Die saak is gevolglik tot 12 Mei uitgestel sodat die borgtogansoek aangehoor kan word.

Bly in aanhouding.

Soos vroeër berig, is Scholtz op 19 Maart in haar woning in Davidsstraat, Bellville-Suid, gevind – onthoof en dele van haar liggaam – ook haar hand – afgesny. Dele van haar liggaam is orals in die huis versteek. Rose is op die toneel aangetref en het aanvanklik ‘n vals verklaring afgelê voordat sy in hegtenis geneem is toe sy probeer vlug het. Sy het wel later met polisiespeurders saamgewerk en aangedui waar ander liggaamsdele gevind kon word.

Die motief agter die gruwelike daad word steeds ondersoek.

Scholtz sou op 17 April haar 80ste verjaardag vier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article