Die jongspan by die Laerskool Panorama is onlangs die geleentheid gegun om verskillende soorte reptiel-spesies van nader te besigtig. Dit was nadat die span van Reptile Garden verlede week besoek afgelê het by die skool in Malmesburyweg, Welgelegen.
Bjorn Unger, ‘n reptiel-handelaar, het die gr. 2-klas met sy vertoning vermaak, wat verskillende spesies slange en ‘n likkewaan ingesluit het.

Colette du Bruyn, die skool se woordvoerder, sê Reptile Garden besoek die skool elke jaar.
“Ons gr. 2’s het ‘n besonder opwindende dag gehad deur ongelooflike reptiele te kon ontmoet – van glibberige slange tot fassinerende akkedisse. Die vertoning was pret, die kinders het baie geleer en dapperheid getoon. Wat ‘n onvergeetlike vervaring,” lui ‘n inskrywing op die skool se sosialemediablad.
Die skool het Reptile Garden vir die vertoning bedank.
* Reptile Garden kan by die Stodels-kwekery in Eversdal, Bellville, besoek word.







You must be logged in to post a comment.