Die kinders het veral die besoek van die metropolisie se perde en honde geniet.
Die kinders het veral die besoek van die metropolisie se perde en honde geniet.

‘n Komitee van huiseienaars het Saterdag (21 Februarie) ‘n skoonmaak-operasie en bewusmakingsdag oor onder meer boeliegedrag en geslagsgeweld in Riverside Gardens, Kuilsrivier aangebied.

Vroegoggend het inwoners en kinders deur die strate gestap met plakkate met teen-misdaad slagspreuke en vullis opgetel wat deur die Stad se afvaldienste verwyder is.

Foto van komitee
Ebrahim Sawant (wyksraadslid) en Adriaan Erasmus (voorsitter van Riverside Gardens se komitee) saam met die komiteelede, van links: Maphule Makhetha, Sharon Davids, Thobeka Nohashe, Venecia Claassen, (Sawant, Erasmus) Marlene Adams, Beryl Schouw, Mildred Fortuin en Salomie Mentoor.

Na die skoonmaak het gemeenskapslede en die kinders op die sportbaan by die buurt se ingang bymekaar gekom. Adriaan Erasmus, komiteevoorsitter, het verrigtinge met ‘n verwelkominsboodskap ingelui. Ebrahim Sawant, wyksraadslid, het in sy boodskap die belang van samewerking in die gemeenskap uit gelig.

Die kinders het veral die besoek van die metropolisie se berede- en honde-eenhede geniet met die kans om die perde en honde van nader te leer ken.

Elroy Gertze van die Belhar-brandweer het met die kinders veiligheidswenke asook die brandweer se nommer gedeel. Hy het aangeraai om altyd die naaste brandweer direk te skakel om die vinnigste reaksie in geval van ‘n brand te verseker.

Die kinders het geleer hoekom dit belangrik is om nie met brandkrane te peuter nie en dat infrastruktuur nie gevandaliseer moet word nie.

Op die snikhete dag was die kinders veral in hul noppies om deur die brandweerbeamptes natgespuit te word vir ‘n bietjie lafenis.

  • Brandweerbeamptes het die kinders natgespuit vir 'n welkome lafenis op die snikhete dag.
  • Brandweerbeamptes het die kinders natgespuit vir 'n welkome lafenis op die snikhete dag.
  • Brandweerbeamptes het die kinders natgespuit vir 'n welkome lafenis op die snikhete dag.
  • Brandweerbeamptes het die kinders natgespuit vir 'n welkome lafenis op die snikhete dag.

Veiligheid

Johan Geswindt, verkeersbeampte, het die kinders se kennis oor voertuie en padreëls getoets —almal weet nou jy moet eers regs kyk (en dan links en weer regs) voordat jy die pad oorsteek. Die kinders was verras om te hoor dat die meeste voetgangers wat raakgery word volwassenes is en nie kinders nie.

Erasmus sê hulle is dankbaar vir die ondersteuning van die Kuilsrivier-polisie en hul teenwoordigheid Saterdag. AO Estelle April het met die gehoor gesels oor geslags- en huishoudelike geweld en raad gedeel. Verskeie pamflette is uitgedeel met veiligheidswenke en om bewusmaking rondom verskeie misdade te skep. Die plaaslike polisie se jeug-ambassadeurs het ‘n kort opvoering oor boeliegedrag gedoen.

Die dag is ook ondersteun deur die plaaslike buurtwag en veiligheidsvrywilligers (“gemeenskap in blou”).

Foto van kinders wat dans

Dansgroepe vanuit die buurt het kans gekry om hul vernuf ten toon te stel voordat almal genooi is om saam te dans.

Die geleentheid is afgesluit met ‘n heerlike middagete en koeldrank.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article