Die Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub het Saterdag (2 Augustus) weer met ‘n tweede groep ‘n draai gemaak in Simonstad.
Die eerste besoek was die vorige naweek. Op die program was ‘n baie interessante besoek aan die SAS Assegaai-duikbootmuseum, asook die fassinerende Simonstad-speelgoedmuseum.
Hulle het ook ingeloer by ‘n klein Indiese restaurant voordat die span ‘n paar van die stalletjies daar ondersteun het.










You must be logged in to post a comment.