Hierdie projekword aangepakmet die doel dat God diewerk seën en die sekondêre trauma en angs by die kindersmoet verlig, sê Linda Louw.
Hierdie projekword aangepakmet die doel dat God diewerk seën en die sekondêre trauma en angs by die kindersmoet verlig, sê Linda Louw.

In die koue wintermaande van Junie en Julie vanjaar, toe sneeu, wind en koue reën die Wes-Kaap beetgepak het, het iets besonder warm gebeur. Dit was nie net in temperature nie, maar ook in harte.

“Ons Hemelse Vader het ons geseën met donasies van pragtig gebreide artikels, klere, ligte eetgoed, kontant en verskeie donasies deur die publiek,” vertel Linda Louw. Sy is die dinamiese koördineerder van ‘n inspirerende breiprojek wat al vir jare hoop bring aan kinders wat trauma beleef het.

Louw hanteer die projek van die Jabulani- en Jubileum-aftree-oorde. Sy is trots om te sê dat hierdie winter se skenkings hulle in staat gestel het om meer as twee bakkievragte vol liefde en sorg oor die Wes-Kaap te versprei. Daarmee het sy die hulp van Ronel de Jager en die hofbeamptes van die Nasionale Vervolgingsgesag gehad.

Nie net vir hul liggame maar ook hul siele

Die breiprojek het egter nie net kinders se liggame warm gemaak nie, maar ook hul siele. “Die hofbeamptes bevestig die blydskap en geluk wat hierdie kinders ervaar wanneer hulle iets ontvang,” sê Louw. “Hul holkolle verdwyn met die eetgoed wat hulle kry. Ons is Jesus se hande en voete – mag Hy hierdie werk seën. Mag Hy die sekondêre trauma en angs by ons kindertjies verlig.”

Agter hierdie inspirerende werk staan ‘n vrou met ‘n diep begrip van die werklikhede waarmee kinders in die hofstelsel te kampe het. Dit is Ronel de Jager, afgetrede senior staatsaanklaer met 39 jaar diens. Sy was in 1993 die beheeraanklaer in die Parow-streekhof toe met Suid-Afrika se eerste spesialishowe vir seksuele misdaad begin is.

Kinders kom honger by die hof aan

“Ek het gou agtergekom dat kinders honger by die hof aankom, of dit nou vir ‘n konsultasie is of om te getuig,” sê De Jager. In 1994 het sy begin om iets te ete aan kinders te gee. Dié klein handeling het ‘n groot impak gemaak. Sy het vriende gevra om ‘n bietjie ekstra in hul inkopietrollies te sit soos tweeminuutnoedels, sop, pap en ontbytstafies.

Wat as ‘n klein poging begin het, het vinnig gegroei. Dit was nie net in kos nie, maar ook in sagte speelgoed en klere vir kinders wat soms met geskeurde klere by die hof opdaag. Die doel was om hul waardigheid te herstel. Dit moes ‘n bietjie makliker wees om teen ‘n oortreder te getuig.

Breiprojek

In 2021 het De Jager vir Linda Louw ontmoet. Sy beskryf Linda vandag as ‘n “formidabele vrou” wat vurig was om betrokke te raak. Aanvanklik het Linda saam met drie tot vier vroue gebrei. Die projek het gegroei tot 44 bejaarde vroue wat nie net bere en komberse nie, maar ook truie, mussies, handskoene en kosbare geskenke met liefde vervaardig.

“Hierdie vroue het weer ‘n doel in die lewe gevind,” sê De Jager. “Dit is sielsvoedsel vir hulle. En vir die kinders is dit ‘n oomblik van vreugde, liefde en erkenning van hul menswaardigheid.”

Die behoeftes is egter steeds groot. Met die toename in gerapporteerde gevalle van seksuele misdrywe teen kinders, bly daar ‘n voortdurende behoefte aan speelgoed, klere en voedselpakkies.

Meer as 20 spesialishowe

Meer as 20 spesialishowe in die Wes-Kaap, insluitend Vredendal, Vredenburg, Worcester, Goodwood en Kaapstad, ontvang hierdie donasies. Die Nasionale Vervolgingsgesag versprei dit.

“Ons smeek gemeenskappe om betrokke te raak.

“Elke bydrae maak ‘n verskil. Jy weet nooit watter kind se lewe jy verander met ‘n eenvoudige pakkie noedels of ‘n sagte beer nie.”

Só lyk die gebreide artikels vir getraumatiseerde kinders.

LEES OOK: Kyk | Goodwood-vrou se vinnige denke verhoed rooftog

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article