Noordkaap Bulletin

TWYFELHOEKIE | Moenie opgee hier aan die einde; maak jou jaar sterk klaar

Die plaas Twyfelhoek se hek.
Die pad na Twyfelhoek. FOTO: Verskaf

Wanneer ‘n mens November binnegaan, kom jy agter nou raak dit einde van die jaar.

Nie alleen langer dae en vroeë sonlig kondig hoogsomer aan nie; ook agendas wat oorvol is en mense wat praat van kom ons los hierdie en daardie vir volgende jaar.

Maak jou jaar sterk klaar. Dit is noodsaaklik. Werk is en bly ‘n voorreg en ‘n gawe en ‘n wonder.

En ja, natuurlik is mense dié tyd van die jaar al deur ‘n klompie uitdagings. Mense is moeg; dikwels is daar meer konflik en baie mense se emosies loop net oor.

Ontspan. Daar is nog ‘n paar weke van hierdie jaar oor. Jy het steeds die geleentheid om ‘n verskil mee te bring. En al begin die skoolkinders en universiteitstudente praat van eksamens wat nou klaarmaak − daar is nog genoeg tyd van hierdie jaar oor. Geniet dit!

Daar lê vir baie mense ‘n Desember-vakansie voor, en baie is afgehandel wat in dié jaar moes gebeur; altyd is daar goed wat oorstaan na ‘n nuwe jaar. Alles hiervan is waar, maar moenie jou laat mislei dat alles nou sommer net klaar en verby vir die jaar is nie.

Gebruik die kans van elke dag. Geniet die geleenthede oor jou pad.

Dalk was dit die beste jaar van jou lewe, moontlik die slegste. Wat ook al, daar is genoeg tyd oor om elke dag voluit te geniet.

En wanneer jy agendas afsluit en eksamens klaarmaak en beplanning vir volgende jaar stroom in: Hou moed, hou kop; geniet die voorreg van ‘n jaar sterk klaarmaak.

Doen dinge voluit. Moenie moed verloor nie, moenie opgee nie. Maak sterk klaar, om ‘n nuwe jaar sterk te begin. Lewe, en lewe in oorvloed.

  • Lees nog rubrieke en meningstukke hier en hier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article