Die liggame van twee volwasse mans is omstreeks 02:00 op Maandag in ‘n diamantmyn van Ekapa Minerals gevind.
Die meer as 150 jaar waarin diamantmyne die bestaansrede vir Kimberley was, het tot ’n einde gekom nadat die laaste diamantmynmaatskappy in die Diamantstad voorlopig gelikwideer is.
Die Minerale Raad Suid-Afrika stuur ‘n senior bestuurspan na Kimberley ter ondersteuning van Ekapa Minerals ná die modderstorting by sy Du Toitspan-diamantmyn waar vyf kontrakwerkers vermis word.
’n Grootskaalse soek-en-reddingspoging is tans aan die gang by die Du Toitspan-myn van Ekapa Minerals in Kimberley nadat ’n ernstige modderstorting en gepaardgaande vloed vyf werknemers ondergronds vasgekeer het.
