MS Hoop, 'n ondersteuningsgroep vir mense met meervoudige sklerose, van Sasolburg, het 'n derde jaar aan die Ysbeertjie-uitdaging deelgeneem. Van links is Elmarie van Pletzen, Rozaan Steyn (voorsitter van MS Hoop) en Edelweiss Welman. FOTO: Marti Will
MS Hoop, ‘n ondersteuningsgroep vir mense met meervoudige sklerose, van Sasolburg, het ‘n derde jaar aan die Ysbeertjie-uitdaging deelgeneem. Van links is Elmarie van Pletzen, Rozaan Steyn (voorsitter van MS Hoop) en Edelweiss Welman. FOTO: Marti Will
Vista

Swemmers durf koue waters aan

‘n Indrukwekkende groep van 186 begeesterde, babbelende swemmers het die Aldam by Allemanskraal se troebel water op Saterdag 27 Junie aangedurf.

Die water se temperatuur was ‘n geraamde 9 °C, en dit was die 31ste jaar van die Ysbeerswemgeleentheid in die Goudveld-omgewing.

Die 31ste Ysbeertjie het Saterdag 27 Julie by Aldam plaas gevind.  FOTO: Marti Will
Die 31ste Ysbeertjie het Saterdag 27 Julie by Aldam plaas gevind. FOTO: Marti Will

Die bes geklede groep swemmers was die Kroegvoëls. Die groep genaamd Kaarte het met hul voorstelling van speelkaarte en danspassies die geesprys gewen en die Volstruise het toe-skouers laat lê van die lag met hul volstruisloop.

MS Hoop, 'n passievolle Meervoudige Sklerose ondersteuningsgroep van Sasolburg het vir die derde jaar aan die Ysbeertjie deelgeneem. Van links is Edelweiss Welman, David Welman, Rozaan Steyn (voorsitter van MS Hoop), Lukas Steyn, Ansie Steyn, Gielie Schoeman, Joey Schoeman, Louw Cornelissen, Len van Pletzen en Elmarie van Pletzen. FOTO: Marti Will
MS Hoop, ‘n passievolle Meervoudige Sklerose ondersteuningsgroep van Sasolburg het vir die derde jaar aan die Ysbeertjie deelgeneem. Van links is Edelweiss Welman, David Welman, Rozaan Steyn (voorsitter van MS Hoop), Lukas Steyn, Ansie Steyn, Gielie Schoeman, Joey Schoeman, Louw Cornelissen, Len van Pletzen en Elmarie van Pletzen. FOTO: Marti Will

André van Wyk het die baardveiling gewen en die geskenkde baard van Theo Labuschagne met groot genot afgeskeer. Debbie Viljoen het die voorreg gehad om te besluit wie die ysbreker is om eerste te swem.

Die MS-span (MS Hoop) van Sasolburg het ‘n derde jaar aan die geleentheid deelgeneem. Die span se leier, Rozaan Steyn, meen haar doel was om bewustheid oor die siekte oor die wêreld heen te skep.

Die volgende geleentheid vir swemmers is by Doringbos by Bloemfontein, op 7 Julie. Felix Buri, organiseerder, sê dit sal die vyfde keer wees dat dit by Bloemfontein aangebied word.

LEES OOK: Talle swemmers trotseer yswater

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article