Dit gaan in September rooiwarm wees rondom die vuur wanneer die jaarlikse CG-braai-uitdaging aan die gang kom. Vanjaar beloof dit om groter, beter en smaakliker as ooit te wees. Inskrywings is nou oop vir dié wat wil aanspraak maak op die spogregte en pryse ter waarde van meer as R30 000.

Om een ??van die top-10 te wees met ’n kans om op 14 September vir ’n uitgesoekte paneel beoordelaars te braai en as die 2024- Capegate-braai-uitdaagkampioen weg te stap, is al wat deelnemers moet doen om die resep van hul gunsteling-braaigereg in te dien.

Hoe dit werk:

Wanneer die inskrywings op 31 Augustus om middernag sluit, sal Capegate en sy paneel beoordelaars die 10 beste resepte wat hul smaakknoppies prikkel, kies.

Hierdie 10 braaimeesters kook dan op Saterdag 14 September voor ’n skare by Capegate, waar hulle hul vaardighede moet demonstreer deur ’n uitmuntende boereworsrol voor te berei – ’n gunstelling-stapelvoedsel oor die meeste braaivure in Suid-Afrika.

Slegs vyf deelnemers sal hierna deurdring na die halfeindronde, wat sal behels dat ’n biefstuk-gereg aan die oordeelkundige beoordelaars aangebied word, wat sekere vereistes vir die vleis sal hê.

Die laaste drie dring dan deur na die eindronde van die kragmeting wanneer hulle die gereg waarmee hulle ingeskryf het, moet voorberei. Hiervolgens sal die Capegate Braai-uitdaging-kampioen vir 2024 aangekondig word.

Hulle sê mense eet met hul oë sowel as hul smaakkliere. Om dit ter harte te neem, sluit die bekende senior inhoudvervaardiger vir die tydskrif Woolworths Taste en sjef-aanbieder op die Expresso Show, Clement Pedro, vanjaar as beoordelaar by die span aan en sal ongetwyfeld na ’n visuele fees sowel as geur soek.

Pryse sluit ’n naweek weg vir twee in (’n spa-koopbewys ingesluit), ’n R5 000-Capegate-geskenkbewys en fantastiese pryse van Woolworths, Pick n Pay, Rocomamas, Outdoor & Velocity, Montagu Fruit & Nuts en meer.. Vir verdere inligting en hoe om in te skryf, besoek: www.capegatecentre.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article