Wynand Hofmeyr van Malmesbury het kort voor die Paasnaweek by die SA baanfietsbyeenkoms by die Bellville-velodrome uitmuntend presteer.

Eerstens het hy ’n bronsmedalje in die uitskakelronde losgery. Daarna het goue medaljes gevolg vir sy deelname aan die Team Pursuit-afdeling asook die SA Madison-kampioenskap – laasgenoemde saam met sy spanmaat, Carl Bonthuys.

Met hierdie kompetisie in die sakkie verskuif sy fokus nou eers na pad- en bergfietsry met die doel om fiks te bly ter wille van groter kompetisies wat altyd wink.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article