Die South Africa Wine Summit lui ’n opwindende nuwe hoofstuk vir die land se wynbedryf in.

Dié leiersberaad, wat op 23 Mei by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) aangebied word, is ’n platform vir bedryfsleiers, belanghebbendes en media om bymekaar te kom, insigte uit te ruil en die rigting te posisioneer wat die toekoms van Suid-Afrikaanse wyn sal vorm.

Met Blend and Bond as tema, verteenwoordig die leiersberaad die samewerking wat die Suid-Afrikaanse wynlandskap definieer. Dit verteenwoordig ’n gesamentlike verbintenis tot solidariteit, innovasie en volhoubaarheid, waar bedryfspelers byeenkom om uitdagings te navigeer en munt te slaan uit opkomende geleenthede.

Die kern van die beraad behels die onthulling van ’n nuwe strategiese raamwerk wat ontwerp is om die Suid-Afrikaanse wynbedryf vorentoe te dryf. Met behulp van die jongste neigings, insigte en navorsing het hierdie strategie ten doel om groei, mededingendheid en veerkragtigheid in die globale mark te bewerkstellig.

“Terwyl ons by die leiersberaad bymekaarkom, staan ons op ’n deurslaggewende oomblik in ons bedryf se geskiedenis,” sê Rico Basson, uitvoerende hoof van South Africa Wine.

“Met ons gedeelde visie, kollektiewe kundigheid en onwrikbare verbintenis tot uitnemendheid is ons gereed om ’n nuwe era van groei, innovasie en volhoubaarheid vir Suid-Afrikaanse wyn in te lui.”

Die South Africa Wine Summit beloof om vol geleenthede te wees. Deelnemers sal aan insiggewende besprekings deelneem en hoor hoe om te midde van chaos en onsekerheid te floreer en om geleenthede selfs in onstuimige tye aan te gryp. Die bemagtiging van individue en spanne om sukses te behaal sal ’n sentrale tema wees waartydens deelnemers strategieë ondersoek om innovasie, diversiteit en inisiatiewe met impak in die wynsektor te navigeer.

Die skep van sukses in ’n multi-kategorie besigheid sal ook onder die loep kom vir waardevolle insigte oor die maksimalisering van groei en winsgewendheid oor verskeie segmente. Boonop sal die beraad wyn se ligpunte wêreldwyd verken en deelnemers aanmoedig om verby neigings te kyk en onbenutte potensiaal in die wêreldmark te ontdek.

“Ons borg met trots die eerste South Africa Wine Summit omdat ons die visie van ’n blinker, meer lewenskragtige toekoms vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf ondersteun deur samewerking, innovasie en ’n gedeelde doelgerigtheid,” sê Daneel Rossouw, hoof van verkope vir landbou by Nedbank Kommersiële Bankwese.

“Sleutelvennootskappe soos hierdie is noodsaaklik vir die groei van die landbousektor en deur belanghebbendes van reg oor die waardeketting bymekaar te bring, kan ons die gesamentlike krag van ons bedryf inspan om positiewe verandering te dryf en nuwe groeigeleenthede te ontsluit.”

Besoek gerus die South Africa Wine Summit, waar plaaslike en internasionale kundiges hul insigte, vernuf en visie sal deel. Die beraad is gemik op beroepslui in die bedryf wat innovasie, samewerking en positiewe verandering in die wynwêreld wil aandryf.

. Kaartjies is beskikbaar by tickets.tixsa.co.za/event/south-africa-wine-summit-2024

Vir navrae, stuur ’n e-pos na info@sawine.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article