Die Swartland-atletiekklub se maandelikse saamdrafklub nooi jou om saam te kom oefen. Dit vind gewoonlik elke laaste Saterdag van die maand plaas. Almal is welkom – onfikses, beginners, agterosse en selfs topatlete. Kontak Piet Smit by 073 447 2902 vir nog inligting. Van links is Angelo Booysen, Christa Marais, Hanselie Swarts (wat vanjaar aan die Comrades deelgeneem het), Johan Coetzee, Sarie Erasmus, Piet Smit, Kosie Koopman (’n internasionale atleet van Worcester-atletiekklub), Hercu Hofmeyr (wat sy 40ste Comrades voltooi het), en Hennie Klaase (afgetrede skoolhoof).


word fiks en kuier saam met ‘saamdrafklub’

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article