Die Weskus-polisiedistrik het onlangs ’n geleentheid gehou om lede wat tot hoër range bevorder is, te vier en geluk te wens. Van links is adjudant-offisier Cornelia Rudman, wat van sersant bevorder is, sers. Denzil Grobler (voorheen konstabel), AO Nicolette Visagie (voorheen sersant), lt.kol Bertus Conradie (die stasiebevelvoerder), AO Cornette Coetzee (voorheen sersant), sers. Elroy Goliath (voorheen konstabel) en kapt. Francis Koerkop (hoof van menslike hulpbronne). Sersante André Nortier en Alverdo Mentor, wat van konstabel tot sersant bevorder is, was nie by toe die foto geneem is nie.


Weskus-polisielede kry bevordering

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article