Wesbank het Saterdag volpunte in sy Top-12-wedstryd teen Mamre behaal. Foto: Murphy Roberts


Wesbank het Saterdag die groen truie van Mamre in Malmesbury geklop. Die tuisspan, wat rustyd nog 10-16 agter was, het egter vasgebyt en die stryd 34-23 gewen.

Wesbank, wat die eerste helfte met die wind in die gesig gespeel het, het ook by tye gespeel soos ’n span wat dalk sy tweede nederlaag in die top-12-reeks sou ly. Mamre, wat die eerste helfte met die wind van agter gespeel het, het die meeste balbesit en gebiedsvoordeel geniet. Met kanse wat geskep is, kon die span egter nie meer punte aanteken nie. Mamre, wat die wedstryd moes wen om sy kanse lewendig te hou, sal egter moet besin oor die keuses wat op die veld geneem is en die span meer punte kon besorg het.

Die span het egter die bal met aanvallende spel op ’n skinkbord aan die tuisspan gegee. Met die wind in die tweede helfte in Mamre se gesig het die tuisspan egter na ’n hoër rat oorgeskakel en die besoekers was die meeste van die tyd in sy eie gebied.

Wesbank het egter met sy hope balbesit en gebiedsvoordeel baljaar en die besoekers se foute in punte omgeskep. Mamre, die verdedigende Weskus-kampioen, het by tye soos ’n kampioenspan gespeel, maar die wil om te wen het ontbreek. Die span se roekelose besluite sal ook nog lank by van die spelers spook. Wesbank het die besoekers se foute uitgebuit, wat tot twee van die span se drieë gelei het.

Wesbank het teen die einde van die wedstryd met speeltyd byna verstreke koelkop gebly en sy laaste drie van sy eie doellyn af aangeteken toe die besoekers die bal roekeloos rondgegooi het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article