Die Wesbank-rugbyklub het Saterdag (22 Oktober) sy kanse op kampioenskapstatus verbeter toe hy in sy eerste wedstryd in die Boland-Grootuitdaagbeker se top-12-kompetisie met sy teenstanders van St. Helenabaai afgereken het. Met net vier punte verskil in die eindtelling het Wesbank die titaniese kragmeting 41-37 gewen.
Divan Green, die voorsitter van die Wesbank-rugbyklub, het ná die wedstryd gesê hy is trots op die manier waarop die spelers as ’n eenheid saamgespeel het. “Harde werk lê nog voor, maar ons sal dit game vir game moet aanpak en nie die kompetisie vooruit loop nie.”





