Die skade aan die padoppervlak in Jasmynstraat weens ’n verstopte mangat.

Credit: SYSTEM

’n Verstopte mangat het groot skade aan die padoppervlak in Jasmynstraat, Abbotsdale, aangerig.

Die Swartland-munisipaliteit het verlede week by navraag gesê hy is bewus van die probleem, en teen Woensdag (2 November) was die gedeelte van die pad reeds beveilig en het herstelwerk aan die padoppervlak begin.

Volgens die munisipaliteit is die pad beskadig as gevolg van ’n verstopping onder die mangat. “Verstoppings kom ongelukkig voor wanneer ongewenste vullis in die stormwaterstelsel gestort word. Wanneer dit baie reën, soos Woensdag gebeur het, verstop dit die stelsel en rig dit groot skade aan,” lui die amptelike verklaring.

Die herstelwerk sal na verwagting vandag (8 November) afgehandel wees.

Die munisipaliteit het verseker die probleem het geen ander dienslewering in die omgewing beïnvloed nie.

Die munisipaliteit doen ’n ernstige beroep op inwoners om nie vullis in die stormwaterstelsel te stort nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article