Water het die afgelope week ná swaar reënneerslae in Rawsonville, Worcester en De Doorns behoorlik deur die Breederivier-vallei gevloei, wat tot veral die Breederivier, wat in vloed was, gelei het. Plek-plek is verspoelings veroorsaak. Die McGregor-burg en die Rooibrug voor Bonnievale het onder andere oorstroom en was vir verkeer gesluit, maar is nou weer oopgestel. Ses mense tussen ses en 50 jaar oud was op ’n “eiland’’ in die Breederivier gestrand en moes gered word. Hulle is almal veilig en ongedeerd. Hierdie pragtige lugtoneel is in die omgewing van die Rooibrug tussen Robertson en Worcester geneem. Foto: Steven Esterhuisen


Water, water, oral net water

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article