Biefstuk met biltong-roomsous:
Wat jy nodig het:
4 biefstukke (filet, lendesnit, kruissnit of rib-oog)
1 ui (fyngekap)
1 eetlepel botter (25ml)
1 sopie olyfolie
1 koppie biltong (fyngekap of gerasper)
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie vars room
1 teelepel vleisaftreksel poeier
Laat waai!
Soteer die ui en die botter en olie vir omtrent vier minute lank.
Voeg die biltong by die pan en sweet vir ’n minuut of twee.
Voeg die peper en die helfte van die room by en roer deeglik. Strooi die vleisaftrekselpoeier oor die bestanddele in die pan en roer.
Voeg die res van die room by, roer en laat rustig prut terwyl jy die biefstukke braai.
Die sous kan prut totdat jy tevrede is dit is dik genoeg en dan kan jy dit van die hitte af verwyder.
Braai die biefstuk oor warm kole vir omtrent agt minute tot medium rou.
Bedien die sous oor die biefstuk.
Die sous werk ook lekker saam met gebraaide wildsvleis.




