Waaroor gaan die werksessies?

Werksessie 1: Holistiese droogtebestuur

Hierdie sessie word in samewerking met die Herding-akademie aangebied en fokus op metodes om produktiwiteit tydens droogtes te verhoog, insluitend die gebruik van weidingsplanne.. 2 Augustus, Montagu Country Hotel. 4 Augustus, Langgewens-navorsingsplaasWerksessie 2: Holistiese roofdierbestuur

Hierdie sessie word in samewerking met CapeNature aangebied en besprekingspunte sluit in roofdiergedragsekologie, konflikvermindering en karkas-identifikasie.. 7 September, Montagu Country Hotel. 21 September, Langgewens-navorsingsplaasWerksessie 3: Toegepaste holistiese agri-ekologiese bestuur

Hierdie sessie fokus op agri-ekologiese beginsels en bystand vir boere om dit prakties in hul boerderye toe te pas.. 5 Oktober, Langgewens-navorsingsplaas. 19 Oktober, Montagu Country Hotel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article