517 mandrax-tablette is verlede week in ’n voertuig in die omgewing van Moorreesburg gevind. Foto: Verskaf


Vyf verdagtes het gister (Maandag 7 Oktober) in die Moorreesburg-landdroshof op aanklagte van onwettige dwelmhandel verskyn.

Dít volg nadat lede van die Moorreesburg-polisie die afgelope Donderdag (3 Oktober) inligting rakende ’n verdagte voertuig ontvang het. Die betrokke voertuig was omstreeks 22:00 die aand na Moorreesburg onderweg.

Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder AO Nicolette Visagie is die voertuig kort daarna in die omgewing van die Bottelfontein-pad aangetref en deur die polisie voorgekeer.

Die polisie het ná verdere ondersoek altesaam 517 mandrax-tablette met ’n straatwaarde van oor die R20 000 binne die voertuig aangetref.

Die vyf insittendes tussen die ouderdom van 30 en 40 is op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article