Susan Loubser en Annaline Loubser (voor) en Herehuis se Debbie Swart en Ferdi de Beer was verlede week by die Malmesbury-sakekamer se Vrouemaand-vieringe. Foto: Sarie Nell


Die Malmesbury-sakekamer het Dinsdag 2 Augustus sy Vrouemaand-saamtrek in die Herehuis gevier met Jade Sedeman van Beyond Beauté en Anita Reynolds (anitalunchlady) as sprekers. Die klem was op entrepreneurskap en oorlewing in 2022. “Kleinsake-eienaars en entrepreneurs het nie altyd al die antwoorde nie; die roete loop soms tree vir (versigtige) tree. Vra raad by die bestes in die bedryf, wees goed vir jouself tussen al die uitdagings deur, en dikwels help die ondersteuning van ander sakelui en entrepreneurs, asook gebede (en rooiwyn),” was van die wenke aan die 80 gaste by die verrigtinge.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article