Johnny Forbes van Vredesig Boerdery (Darling) het vanjaar skoonskip gemaak nadat sy slaglammers gedurende die 89ste Swartland-skou in Moorreesburg beïndruk het.

Die eerste en tweede plek vir die slaglam op die hoef is toegeken aan Forbes, terwyl PD Bosman van Bosman Adama in die derde plek gepronk het. Forbes was ook die wenner van die slaglamgroep op die hoef, slaglam aan die haak en slaglamgroep aan die haak.

Ben en Johan Mostert van Oranjeskraar Boerdery was tweede vir slaglamgroep op die hoef, terwyl PD Bosman van Bosman Adama derde was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article