‘n Skermgreep van ‘n video wat wyd op sosiale media versprei is en wys hoe die vragmotor tussen ‘n ander vragmotor en ‘n kantreëling op die sypaadjie ingedruk lê.

Credit: Maryke Swart

‘n Voetganger is ernstig beseer ná ‘n vragmotorbotsing vroeër Maandagmiddag (25 Maart) in Bokomoweg, Malmesbury.

Volgens kapt. Marko Heydenrych, ‘n woordvoerder van Malmesbury-polisie het die bestuurder van die vragmotor wat vanuit Wesbank se rigting gekom het, se brieke onklaar geraak. Die bestuurder het volgens Heydenrych besluit om na die sypaadjie te swaai eerder as in aankomende verkeer in.  ‘n Vrou (44), wat op daardie stadium op die sypaadjie was, is getref.

Na wat verneem word het sy verskeie breuke opgedoen en is vir mediese behandeling na Swartland-hospitaal geneem. Haar toestand was ten tyde van hierdie beriggewing onbekend. Die vragmotor is uiteindelik tot stilstand gedwing toe dit teen ‘n stilstaande vragmotor gebots het.

Op ‘n video wat wyd op sosiale media versprei word, wys dit hoe die vragmotor op sy sy tussen ‘n ander vragmotor en ‘n kantreëling op die sypaadjie, ingedruk lê. ‘n Klag van roekelose en nalatige bestuur word deur die Malmesbury-polisie ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article