Skaapkop was die afgelope Saterdag op die spyskaart by Darling Cellars. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou het Darling Cellars op 22 Julie besoek vir hul tradisionele skaapkop-ete. ’n 140 Gaste het die unieke geleentheid bygewoon wat volgens die wynkelder se handelsmerkbestuurder, Ilse van Zyl moontlik ’n jaarlikse instelling kan word danksy die suksesvolle dag. Erik Milander, eienaar van Bushman’s Cave wat bekend is daarvoor om demonstrasies te gee oor hoe skaapkoppe geëet behoort te word, was ook teenwoordig om sy meestersklas in die eet van die delikatesse aan te bied. Foto’s: Verskaf

Credit: SYSTEM

Vir kop en drank sê ons u dank . . .

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article