Die meeste vroue droom van ’n groot, wit troue, maar voor die “I do’s” en ruikergooi is daar ’n belangrike vraag wat beantwoord móét word: Is jy ’n trouvrou of eintlik maar net ’n houvrou?

Daarom gaan soek VIA weer sélf na Suid-Afrika se top-trouvrou in die tweede seisoen van die werklikheidsprogram Houvrou of trouvrou? Soos in die eerste seisoen sal agt ongetroude vroue om dié gesogte titel meeding. Die wenner slaan nie ’n trouman los nie, maar lag al die pad bank toe met ’n tamaai geldprys van ’n paar honderd duisend rand in haar handsak.

Inskrywings vir die nuwe seisoen van Houvrou of trouvrou? is nou oop – stuur dus ’n WhatsApp-boodskap na 064 521 8157 of ’n e-pos-aansoek na inskrywings@via.co.za en verduidelik hoekom JY trouvrou-materiaal is!

Wie weet, dalk stap jy weg met die antwoord wat jy graag wil hê, en – natuurlik – ’n groot geldprys!

Die inskrywings sluit op 2 Mei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article