Die VGKSA Brigades hou Saterdag, 8 Oktober ’n nasionale dril- en musiekkompetisie by Callie De Wet in Robertson.
Kompanies van oor die hele Suid-Afrika heen sal aan hierdie dag deelneem.
Ouers, jongelinge, kadette en offisiere sien uit na hierdie byeenkoms – veral ná die pandemie.
Kompanies van die Langeberg-streek (Robertson, Montagu, Barrydale en Suurbraak) sal ook aan hierdie geleentheid deelneem.
Hierdie familiebediening vir jonger en ouer lede in die VGKSA is op 25 Maart 1925 in Maitland in die Kaap gestig, en bestaan nou al 97 jaar, en het vroeër vanjaar ’n nuwe uitvoerende hoofkommandant, kol. Japie Konstabel, en nuwe hoofraadslede gekies.
Die brigade is die oudste beweging van die VGK in Suid-Afrika, en die fokus is op liggaamlike, sedelike, geestelike en kulturele opvoeding van jonk en oud gerig.



