Leerders van Moorreesburg het die afgelope skoolvakansie van 23 tot 27 September aan ’n program propvol aktiwiteite deelgeneem. Die vakansieprogram, aangebied deur die plaaslike polisie in samewerking met die Weskus-distriksmunisipaliteit se brandweerstasie, die plaaslike departement van maatskaplike werke, die plaaslike ACVV, die Swartland-munisipaliteit, die plaaslike museum, vrywilligers en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het leerders meer geleer oor hul regte, openbare veiligheid en hul omgewing deur pretaktiwiteite aan te bied. Leerders wat die hele vakansieprogram bygewoon het, het met hul afsluiting ’n medalje ontvang. Volgens AO Nicolette Visagie, wat met die organisering van die program betrokke was, is sowat 625 kinders deur die vakansieprogram bereik. Foto: Verskaf


Vakansieprogram in Moorreesburg ’n groot sukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article