Inskrywings is oop vir die Talento-sangkompetisie, en die organiseerders beloof die kompetisie gaan vanjaar nog beter en groter wees.

Die Talento-sangkompetisie is die geesteskind van vyf musiekonderwysers, wat leerders ná die grendeltyd die geleentheid wou gee om weer voor ’n gehoor in ’n teater op te tree en so hul selfvertroue en talente te bevorder.

Die uitdunne word op 26 en 27 Mei in Worcester gehou. Uitdunne sal ook in Mei in Langebaan, Bellville en die Paarl gehou word.

Die halfeindronde sal op 3 en 10 Junie by die Jamrock-teater in Brackenfell aangebied word, en die eindronde op 22 Julie in die Barnyard-teater in die Tygervallei-sentrum.

’n Gala-aand, waar die algehele wenners aangekondig sal word, kom op 28 Julie in Stellenbosch by die Drostdy-teater aan die beurt.

Deelnemers sal weer die geleentheid gegun word om vir die eerste ronde met ’n video in te skryf.

Die organiseerders gee deelnemers ook die geleentheid om hul eie komposisie in te skryf, waarvoor groot pryse op die spel is.

Geldpryse van meer as R40 000 is op die spel. Die algehele wenner in die junior afdeling sal R5 000 wen en die senior wenners elkeen R10 000.

Alle aspirant-sangers en liedjieskrywers word genooi om aan hierdie sangkompetisie deel te neem.

Volg Talento op sy Facebook-blad en Instagram vir nog inligting.

Die sluitingsdatum is 21 April. . Kontak talentocomp@gmail.com of WhatsApp 079 967 3197 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article