Hoërskool Dirkie Uys se o.19A-netbalspan het hulle in die eindronde van die Wes-Kaapse topskole-toernooi as een van die ses beste spanne in die provinsie bewys. Hulle was die naaswenners in poel A – agter Bloemhof – en het in die halfeindronde teen Girls High uitgespeel, maar moes die knie buig. Agter: Nienke Smit, Lerandi Jansen, Nicola Collen, Anka Crous en Ashlin Crozier. Voor: Jorestline van Wyk, Zia van Dyk, Mariah Heyns en Alica Bester.


Tweede beste in netbal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article