Die plaaslike polisie ondersoek twee klagtes van strafbare manslag nadat twee mans – albei in hul veertigs – die naweek in twee afsonderlike padongelukke in die Swartland-gebied dood is.

Jan Johannes Smit (40) is Vrydag­oggend (26 April) om 04:40 op die N7 naby Malmesbury in ’n motorongeluk dood. Smit het leweloos buite die voertuig gelê en ’n ander man het by die voertuig gestaan. Dit is egter onseker wat die ongeluk veroorsaak het en wie ten tyde van die ongeluk bestuur het.

Gert Klein (45) van Broodkraal, Moorreesburg, is Saterdagaand (27 April) om 21:50 deur ’n voertuig getref. Die motoris agter die stuur het na bewering van die toneel af weggejaag en Klein vir dood op die Hopefieldpad (R311) agtergelaat.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article