Ons wil van die geleentheid gebruik maak om mnr. Donnie Malherbe en sy kollega van Cape Nature te bedank dat hulle die moeite gedoen het om die twee pragtige uilkuikens vir ons te kom red.
Ek en my vrou het die twee uiltjies gister [Sondag 13 November] laat ontdek waar bome afgemaak is om plek vir die nuwe mall te maak.
Ons was egter baie bekommerd oor hulle. Ná ’n groot soektog vandag [Maandag 14 November] om die regte mense te kry om te help, het ons by ’n vriendelike veearts by MAH uitgekom, wat baie behulpsaam was en ons mnr. Malherbe se nommer gegee het.
Malherbe het nie geskroom om op sy pad van Riebeek na Porterville binne minute hier aan te kom nie en met hul uiterse vaardigheid die twee kuikens verplaas na waar hul ouers hulle verder sal voer.
Dankie, Cape Nature, en ’n groot dankie aan Donnie en sy kollega – dit was voortreflike diens van julle af.
Baie dankie, Donnie!





