Michael Basson en Benjamin Herbert van die Malmesbury-toutrekklub is pas tot die nasionale toutrekspanne verkies, waar hulle nie net Suid-Afrika nie, maar ook hul dorp in Holten, Nederland, sal verteenwoordig.
Die nasionale kampioenskap duur van 12 tot 19 September.
Benjamin is tot die nasionale groen Proteaspan verkies, en Michael tot die nasionale blou Gazelle-span.
Die kostes aan hierdie toer beloop ongeveer R30 000, maar omdat die Malmesbury-toutrekklub se atlete geen geldelike steun van die staat ontvang nie, doen die klub ’n beroep op die gemeenskap om hulle te ondersteun. Enige borge kan die klub by 060 508 5144 kontak. Amptelike briewe kan aangevra word.




