Hoërskool Swartland se 520 kg gemengde span het vierde in hul afdeling geëindig. Foto’s: Johan Viljoen


Die WP Wynland se toutrek-streekskompetisie is Saterdag (4 Maart) by die Hoërskool Swartland beslis. Altesaam 169 spanne het in onderskeidelik die stewels- en kaalvoet-afdelings meegeding.

Dit is die eerste keer wat Hoërskool Swartland hierdie kompetisie aangebied het, en volgens die skool was dit ’n reusesukses.

Die Hoër Tegniese Skool Drostdy het goud in die 560 kg-stewelsafdeling vir seuns gewen terwyl die Westcliff Bulldogs-toutrekklub se meisies in die 480 kg-stewelsafdeling ook ’n goue medalje beklink het.

Die gasheer, die Hoërskool Swartland, het ook ’n prestasie behaal met sy 600 kg-stewelsspan (seuns), wat ’n bronsmedalje gewen het.

Die skool bedank die hoofborg vir die dag, Standard Bank, asook ander borge: Romans Pizza vir verversings vir die beamptes, Twizza vir koeldranke, Swartland Wynkelder vir die medaljes en wyn, Manzi Water vir water vir die beamptes, Darling Romery vir sap vir die beamptes en Gert en Jana Van Vuuren vir die klank. Die HS Swartland het die geriewe beskikbaar gestel en was verantwoordelik vir verskeie ander reëlings wat tot die dag bygedra het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article