Die Tiere-gholfspan van Moorreesburg dra die kroon ná die gewilde derby tussen Malmesbury en Moorreesburg, wat die afgelope Sondag (25 Augustus) op tuisbodem plaasgevind het.

Die gholf-derby tussen dié twee Swartlandse dorpe, wat aanvanklik in 1982 begin het, is onlangs hervat met Malmesbury wat verlede jaar as die wenners uitgeblink het.

Ná die derby se eerste ronde, wat op 14 April op Malmesbury se gholfbaan by die Mount Royal-gholflandgoed plaasgevind het, was die punteleer tussen die twee dorpspanne byna gelykop, met die span van Malmesbury wat naelskraaps geseëvier het.

Met ’n voorsprong van 0.18 op die punteleer vir Malmesbury, was alles in die eindronde op die spel.

Moorreesburg se span het uiteindelik die troon bestyg ná ’n gemiddelde punt van 31.20 teenoor Malmesbury se 30.79 punte.

Jannie Dürr, die president van Moorreesburg se gholfklub, bedank alle deelnemers vir hul goeie gees en sportmanskap. Die dag is met ’n heerlikse steak-ete afgesluit. “Tot ons mekaar weer sien in 2025.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article