Moorreesburg Jukskeiklub het Saterdag (20 April) sy jaarlikse opedag met groot sukses aangebied.
Altesaam 20 spanne van Langebaan, Citrusdal, Vredenburg, Worcester, WP Polisie, Moorreesburg en ander plaaslike spanne het die eerste keer by die byeenkoms met jukskei kennis gemaak, sê Maryke van Aswegen van die plaaslike jukskeiklub. Die spanne het onderskeidelik in die B-, C- en D-afdelings meegeding.
Die SA skeidsregter Dirk Brits was die skeidsregter vir die dag en het die medaljes aan deelnemers oorhandig.
Die klub se trofeewenners van die seisoen is ook bekendgemaak.
Die klub bedank alle ondernemings, individue en instansies vir hul skenkings en hulp met die reëlings en voorbereidings. Die spelers is ook vir hul deelname bedank. “Sonder almal sou die dag nie so ’n reusesukses gewees het nie,” voeg Van Aswegen by.




