Inskrywing sluit môre, op 31 Julie. Die 25 topdeelnemers staan die kans om beurse, geldpryse en geskenke van sowat R500 000 te wen.
Matrikulante wat uitblink in akademie, kultuur, sport en leierskap, en wat beplan om volgende jaar aan die UV te studeer, word genooi om hulle in te skryf.