Miche Cupido, ’n gr. 1-leerder van die Laerskool Swartland in Malmesbury, het ’n eerste plek by vanjaar se WOW-Spelfees behaal. Sy het teen leerders van reg oor die distrik meegeding. Haar ma, Lyndall, vertel sy het ’n lys van sowat 500 woorde gekry om haar vir die kompetisie voor te berei. “Ek was omtrent verbaas toe ek sien Miche het na elke uitdunronde deurgedring,” het haar ma trots gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article