Die munisipale swembad by Dirkie Uysstraat, Robertson, sal Woensdag 25 Januarie 2023 tydelik vir die publiek gesluit wees.
Dit is weens die jaarlikse gala-geleentheid wat die Hoërskool Robertson by die swembad aanbied. Die geleentheid sal tussen 10:30-14:30 plaasvind.
Die publiek sal dan nie toegang tot die swembad hê nie.



