Olywe uit die Swartland het by vanjaar se gesogte SA Olyf-prysuitdelingsgeleentheid, wat Vrydag by die Paarl se Grande Roche-hotel plaasgevind het, geskitter.
Altesaam 82 Extra Virgin-olyfolies van 32 produsente is ontvang en deur ’n paneel, wat uit plaaslike en internasionale beoordelaars bestaan het, beoordeel.
Die inskrywings van Het Vlock Casteel van Riebeek-Kasteel het omtrent beïndruk toe hul olyfolies met twee silwer en een goue medalje weggestap het. Het Vlock Casteel se Het Vlock Casteel Frantoio en hul Het Vlock Casteel Favolosa het elk ’n silwermedalje in die medium afdeling ontvang, terwyl hul Het Vlock Casteel Coratina goud in die intense afdeling verower het.
Darling Olives van Darling se inskrywings het ook met twee silwermedaljes beïndruk.
Hul Darling Olives Estate Blend (Fynbossie) het silwer in die delikaat-afdeling ontvang, terwyl hul Darling Olives EVOO ook met silwer in die medium afdeling uitgeblink het.
Die Olive Boutique, ook in Riebeek-Kasteel, het die beoordelaars op hul beurt ook beïndruk.
Olive Boutique Frantoio het met silwer in die delikaat-afdeling weggestap, terwyl hul Olive Boutique Coratina Frantoio ook ’n silwermedalje in die medium afdeling losgeslaan het.





