Die Safari-halfmarathon is vanjaar weer in Wellington aangebied nadat die destydse Covid-inperkings dit vir drie jaar lamgelê het.

Die Swartland-atletiekklub het 35 atlete ingeskryf vir onderskeidelik die halfmarathon (21,1 km) en die 10 km.

Dit was vanjaar terselfdertyd die Boland-kampioenskap vir die halfmarathon, waar twee van die klub se atlete medaljes ontvang het: Hanslie Swarts en Louise Dippenaar. Van die wenners in die ouderdomsafdelings in die 10 km was Esther Warnicht, Helena Bester, Jafta Hendricks en Piet Smit.

Dit lyk asof omtrent almal se tye verbeter het sedert die klub se vorige groot byeenkoms by die Weskus-marathon in Langebaan. Baie atlete wat daar aan die 10 km deelgeneem het, het na die 21,1 km opgeskuif.

’n Aangename gees heers in die klub en indien iemand ernstig is oor hardloop as sport, kan hy of sy dit gerus oorweeg om by die Swartland-atletiekklub aan te sluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article